Editor's choiceLocal newsNews

DBV sorg vir groot bederf vir Jaco

Jaco en sy familie het die dag terdeë geniet met ’n heerlike braaivleis en ander prettigheid.

Die afgelope Erfenisdag (Braaidag) is ’n dag wat Jaco Viljoen nie sommer gou sal vergeet nie.

Dié 10-jarige seun, wat met Duchenne-spierdistrofie gediagnoseer is, het ’n onvergeetlike dag saam met sy gesin by die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV) deurgebring.

Duchenne-spierdistrofie is ’n ongeneeslike siekte wat die spiere vinniger laat wegteer en sal veroorsaak dat Jaco op ’n stadium nie meer sal kan loop nie.

Die groot bederf by die DBV het gekom nadat die eiendomsagentskap, Only Realty, op sosiale media vir die publiek gevra het om vir hul gunsteling organisasie te stem om sodoende skenkings aan dié organisasie te oorhandig.

Die jong seun was in sy noppies oor sy honde-gesigsmasker wat hy by die Brakpan DBV ontvang het.

Die Brakpan DBV is as die wenner aangewys, maar nadat die bestuur an die DBV gesien het dat daar ook vir Jaco se organisasie, Walk with Jaco, gestem is, het die hulle dit goed gedink om iets spesiaal vir hom ook te doen.

Jaco en sy familie het die dag terdeë geniet met ’n heerlike braaivleis en ander prettigheid.

Lees: Stap saam en help jong kind só

Hy het ook ’n geskenkpak ontvang met ’n sertifikaat wat aandui dat die DBV met trots saam met hom die pad sal stap.

Hy was ook baie ingenome met die oulike honde-gesigsmasker wat hy ontvang het.

Jaco het ook die geleentheid gekry om vir een van die hondjies ’n naam te kies, wat hy toe Chase genoem het.

Dié dag het ook gedien as bewusmaking van sy siektetoestand.

Meer foto’s:

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button