Editor's noteLocal newsNews

Kolwyntjiedag is hier

Duisende kolwyntjies word jaarliks gebak vir Nasionale Kolwyntjiedag, wat vanjaar op 26 September plaasvind.

Die publiek word daaraan herinner om môre (Saterdag) ’n draai by die Just Wheels Motorklub te gaan maak om Nasionale Kolwyntjiedag te ondersteun.

Die kolwyntjies word deur vrywilligers gebak en geskenk aan die welsynorganisasie, Cupcakes of Hope 4 Kids, om aan die publiek verkoop te word.

Dié organisasie beywer hom vir die bewusmaking en geldinsameling vir kinders met kanker.

Lees: Maak ‘n verskil met een kolwyntjie op ‘n slag

Die Kolwyntjiedag vind vanjaar in die vorm van ’n deurry-kolwyntjiedag, by Just Wheels Motorklub, wat te Kitzingerlaan 69 geleë is, plaas.

Die publiek word aangemoedig om die dag te ondersteun deur middel van ’n donasie of om self kolwyntjies te skenk of om kolwyntjies te gaan koop.

Kolwyntjies kan ook vooraf bestel word by Elize Pienaar (082 328 9497 of elize.pienaar35@gmail.com).

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button