Editor's noteNewsSchools

Geen einde aan dié Sonnies se talente nie

Sonnies beïndruk by die Allegreto Kunswedstryd.

Twee leerders van die Sonneveld Akademie het onlangs met hul deelname aan die Allegretto Kunswedstryd na die eindfinaal in verskeie afdelings deurgedring.

Nathan Lues (9) het gedurende die inperking hard gewerk en het vir vier items in die Engelse-afdeling en agt items in die Afrikaanse-afdeling deurgedring na die gala-aand.

Hy het ook vir 10 van dié items ‘n uitnodiging ontvang om aan die eindfinaal deel te neem waaruit die land se top 10 in elke genre bepaal sal word.

In Engels het Nathan goed gevaar en het 98 persent vir sy monologue en religious prose verwerf.

Vir formal poetry het hy 96 persent behaal en vir public speaking het hy ‘n allemintige 97,6 persent los gepraat.

In Afrikaans het die jong seun vir sy formele voordrag (eie keuse) en vir sy dialoog 98,5 persent behaal.

Vir die religieuse prosa het Nathan 97,8 persent, formele voordrag (voorgeskrewe) 98 persent, gedramatiseerde voordrag 97,9 persent, voorbereide lees 98,3 persent en vir redenaars 97,6 persent behaal.

Asof sy Engels en Afrikaans prestasies nie genoeg is nie, het Nathan ook goed gevaar in die kunsafdeling.

Nathan Lues.

Hy het 98.7 persent vir die vetkryt afdeling behaal, 98,6 persent vir die houtskool item, 94,4 persent vir lapverf, 96.5 persent vir pastel en 96 persent vir fotografie.

Lees: Om te redeneer is kinderspeletjies vir dié drie

Leanè Viljoen (15) het met ses items deurgedring na die gala-aand en is ook uitgenooi om vir al ses items aand die eindfinaal deel te neem.

Die donkerkop spog met 97 persent vir voorbereide lees, 97,5 persent vir redenaars en 98 persent vir religieuse prosa in die Afrikaans-afdeling.

In die Engelse-afdeling het sy ook puik prestasies behaal en het vir public speaking, formal poetry en prepared reading onderskeidelik 96,5-, 98,5- en 97 persent behaal.

Nathan en Leanè is ook deur die nasionale paneel van beoordelaars en is ook deur die Exco van die Allegretto Provincial Eisteddfod gekies om poësie vir die informele Engelse poësie leerplan vir 2021 te ontwerp.

Slegs vyf deelnemers van regoor Suid-Afrika is gekies op grond van hul verskillende prestasies gedurende die Eisteddfod-proses in 2020.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button