CrimeNews

KYK: Rower skiet dapper hond wat sy baas probeer beskerm in roof drama

Nadat die hond raak geskiet is het die rowers die geld, wat uit de Jager se sak geval het asook sy selfoon opgetel en weggejaag.

Drie rowers het laat Dinsdagmiddag hul rieme lelik styfgeloop toe hulle ‘n 58-jarige inwoner van Minnebron beroof het, pas nadat hy teruggekeer het van ‘n bank waar hy sy maand se salaris onttrek het.

Was dit nie vir die gesin se hond wat die rowers aangeval het nie kon sake lelik uitgedraai het.

Die angsvolle oomblikke is ook op die gesin se sekuriteitskamera vasgevang. Lood de Jager (58) se dogter Christel Botha (33) het Woensdagoggend aan die Herald vertel dat haar pa net voor vier by sy huis in Besterstraat stilgehou het.

“My suster se dogter Nicolene de Meillon (10) het uitgegaan om die hek vir hom oop te maak,” het Christel gesê.

Nicolene se ouers Tracey (28) en Nick (34) was in die huis.

Intussen het ‘n wit Gholf agter de Jager se Kia stilgehou en twee gewapende mans het uitgespring en dadelik die motordeur oop gepluk.

De Jager is uit die voertuig gepluk en op die video kan duidelik gesien word hoe hy deur die rowers rondgestamp en deursoek word.

Lees: Shoot-out ends in arrests after supermarket robbery

“Nicolene het nie dadelik besef wat aangaan nie, maar toe sy besef wat besig was om te gebeur het sy die hek toegestoot en in die huis gehardloop.

Ons het haar geleer om so op te tree in ‘n geval soos wat plaasgevind het,” het Christel gesê.

“Sy het die hek nie heeltemal toegestoot nie en een van ons Dobermans het uitgestorm en een van die rowers aangeval.

“Dié man het na die hond, Nicky, geskiet en sy is ongelukkig raak geskiet. Intussen het Tracy en Nick na buite gehardloop en ‘n tweede skoot wat afgevuur is en deur die hek getrek het, het Tracy rakelings gemis,” het Christel vertel.

“My sussie sê sy kon eintlik voel hoe die koeël verby haar been beweeg het.”

Nadat die hond raak geskiet is, het die rowers die geld, wat uit de Jager se sak geval het, asook sy selfoon opgetel en weggejaag.

Nicolene de Meillon met die gesin se twee Dobermans. Nicky (regs) is raak geskiet toe sy een van die rowers aangeval het maar herstel nou by die huis. Duiwel, is die reun. Die foto is onlangs geneem.

Sy voertuig is nie geneem nie.

“Ek was nog by die werk maar toe ek in kennis gestel is oor die voorval het ek dadelik na die huis (ek woon ook daar) gejaag.

“Dit was chaos maar ons het baie groot bewondering vir lede van die Brakpan Radio groep asook van AfriForum Brakpan wat ons onmiddellik te hulp gesnel het,” het Christel gesê.

“Lede van die Radio Groep het die gewonde Nicky na ‘n veearts geneem waar sy behandel is. Gelukkig was dit net ‘n vleiswond en sy kon na behandeling weer huis toe kom. Lede van die Brakpan Radio Groep het saamgespan om die rekening te vereffen en daarvoor is ons baie dankbaar,” het Christel gesê.

“Ek sidder om te dink wat kon gebeur het as Nicky nie daardie man aangeval het nie. Sy was werklik baie dapper.”

Die SAPD ondersoek die voorval.

Video: In hierdie video kan gesien word hoe Lood de Jager by die huis aankom en hoe die rowers hom uit sy voertuig dwing en deursoek. Die rowers slaan op die vlug nadat die hond tot de Jager se redding kom.

Video: In hierdie video kan gesien word dat die 10-Jarige Nicolene de Meillon vir haar oupa die hek oopmaak en salig onbewus is van die gevaar buite. Toe sy besef wat gebeur het sy in die huis gehardloop en het haar ouers uitgestorm.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za

or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 or Miné Fourie (journalist) minev@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button