EntertainmentLifestyle

Pieter Smith en Christo Snyman bring hulde aan Groep 2 in Lefra Kelderkonsert

Die Huldeblyk aan Groep 2 beloof ‘n aand se nostalgiese vermaak wat vir die hele gesin geskik is.

Lefra se Kelderkonserte gaan Sondag voort met ‘n produksie wat gewei word aan Groep 2.

Groep 2, met Gert van Tonder en Sias Reinecke was legendaries in Suid-Afrika en Sondag kan daar na  hulle groot treffers soos Die Oukralliedjie, Die Padda Wou Gaan Opsit en Daar Is Niks Soos Ware Liefde Nie geluister word.

Met hulle gewildheid in Suid-Afrika het hulle ook in 1968 liedjies by die EMI Ateljee in Londen opgeneem (waar die Beatles al hulle treffers opgeneem het).

In Sondag se produksie bring Christo Snyman en Pieter Smith hulde aan Groep 2. Die Huldeblyk aan Groep 2 beloof ‘n aand se nostalgiese vermaak wat vir die hele gesin geskik is.

Kry jou kaartjies vir die teaterervaring, wat om 5nm aanlyn gestroom word, by www.itickets.co.za.  

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button