LettersOpinion

Ouers moet nie kinders gebruik om te bedel nie

Dit breek my hart om gereeld jong kinders op straat te sien.

Annerette van Dyk skryf per e-pos:

Ek wil graag ‘n beroep doen op ouers om nie toe te laat dat hul minderjarige kinders bedel nie.

By ‘n winkelsentrum in Dalview is daar gereeld ‘n kind (hy is niks ouer as 14) wat vra vir kos of hulp vir sy ouers.

My seun het nou die dag vir hom gevra waar hy bly toe sê hy dat hy en sy ouers in ‘n kamer naby die stasie bly.

Ons het gevra vir ‘n spesifieke adres, maar hy wou dit nie verskaf nie.

Waar is die kind se ouers? Weet hulle dat hy bedel? Ek verstaan dat die omstandighede moeilik is weens Covid-19 en armoede in die algemeen, maar daardie kind moet deur sy ouers beskerm word en nie gebruik word om te bedel nie.

Hy was ook nie skoon nie en ons het vir hom gevra of hulle water en elektrisiteit het, waarop hy geantwoord het dat hul net koue water het.

Wat my bygebly het, is dat die seun baie opreg voorgekom het. Hy het baie verwese en selfbewus gelyk.

Ons het vir hom ‘n paar rand gegee, maar nou wonder ek of hy kos sou kon koop en of dit na die ouers moes gaan (sodat hulle dit kan gebruik).

Ek is dankbaar dat ek vir my kinders kan sorg en ek ken nie die omstandighede nie dus wys ek nie vinger nie en ek oordeel ook nie.

Ek vra net nederig dat ouers nie hul kinders moet gebruik om te bedel nie.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button