Editor's choiceLettersOpinion

Bedelaar wil nie koffie van weldoener hê nie

"Ek wou uit my kar klim en dit uit sy hande neem, maar ek het nie veilig gevoel nie."

Veronica Bezuidenhout skryf per e-pos:

Ons leef in tye waar dit maar moeilik gaan met almal.

Ek is ‘n enkelma wat ook maar sukkel om kop bo water te hou.

Ek woon in Minnebron en werk in Kempton Park en is gelukkig genoeg om nog elke dag na my werk te kan gaan.

Ek maak elke oggend koffie of tee in ‘n een liter koeldrankbottel (ek kry die bottels sommer by vriende en familie) en dan gee ek dit vir iemand wat bedel by ‘n verkeerslig of stopstraat.

Gewoonlik is dit nog redelik warm.

Ek probeer ook om dit nie vir dieselfde persone te gee nie.

Verlede week het ek weer die koffie vir ‘n man aangegee en hy het vir my gevra wat hy daarmee moet maak. (What must I do with this?)

Ek wou uit my kar klim en dit uit sy hande neem, maar ek het nie veilig gevoel nie.

Ek doen dit nou al van die begin van die winter en almal is altyd dankbaar.

Daardie man (hy was nog jonk) wil nie gehelp wees nie.

Ek neem aan dat hy geld soek om dwelms of sigarette te koop.

.Hy het my so afgesit dat ek gevoel het om nie meer koffie uit te deel nie, maar toe dink ek aan al die mense wat dit waardeer en nou doen ek dit maar weer.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button