Editor's choiceLocal newsNews

Inperking sorg vir swaarkry, tog is daar dié wat steeds gee

Die man se een been is geamputeer en hy het nie eens ‘n bed gehad om op te slaap nie.

Die 21 dae inperking bring ellende vir baie mense, maar dan is daar ook dié wat hulle nie daarteen blind staar nie en help waar hulle kan.

Lede van die Brakpan Radio Groep het verlede Dinsdag ‘n wavrag kos en ander items geneem na vyf gesinne wat in baie moeilike omstandighede ‘n bestaan probeer maak.

“Ons het te hore gekom van die gesinne (sowat 28 mense), wat op ‘n plek saam woon en daar was onder meer ‘n man wat veral in nood was,” het Riaan Viviers gesê.

“Die man se een been is geamputeer en hy het nie eens ‘n bed gehad om op te slaap nie. Hy het op kartonbokse geslaap.

Lees: SAPD keer motoriste voor, waarsku om by die reël te hou

“Hy het ook ‘n groot wens gehad vir ‘n twee-plaat stofie sodat hy kon kos maak.

“Die ander mense, van die spesifieke plek, het ook ‘n groot behoefte aan kos.

“Ons het die woord versprei onder die lede van die Brakpan Radio Groep en soos gewoonlik het ons lede nie gehuiwer om skenkings te maak nie,” het Riaan gesê.

“Ons het binne ‘n japtrap ‘n bed en stofie vir die man gekry, maar ook ‘n groot hoeveelheid kos en klere wat ons kon gaan aflaai het,” het hy gesê.

Die skenkings was inteendeel soveel dat die lede besluit het om ‘n gedeelte daarvan aan die inwoners van die Ebenhaeser Tehuis te skenk.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:hyperlink

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button