Editor's noteLocal newsNews

Inwoner reik uit na honger mense tydens inperking

Ons land en die mense gaan deur ‘n moeilike tyd.

‘n Inwoner van die dorp het Dinsdag uitgereik na hawelose mense wat, as gevolg van die 21 dae inperking, meer ellende as gewoonlik in die gesig staar.

Chris Pretorius (30) het, nadat hy ‘n inskrywing op Facebook gesien het, besluit om toebroodjies te maak en onder die mense op straat te gaan uitdeel.

Hy het nie publisiteit versoek nie, maar die Herald het te hore gekom van sy projek en hom daaroor uitgevra.

“Ek het ‘n inskrywing op Facebook gesien van ‘n vrou wat kos gevra het vir haar kinders.

“Ek het besef dat dit bitter swaar moet gaan met baie mense, veral as gevolg van die situasie waarin die land verkeer, en het besluit om toebroodjies te maak,” het Chris gesê.

“Ek het, met hulp, sowat 80 toebroodjies gemaak en Dinsdagmiddag laat deur die dorp gery om die broodjies uit te deel.

“Ek het min of meer ‘n idee waar die hawelose mense hulself bevind en kon talle opspoor,” het hy gesê.

“Die dankbaarheid op die mense se gesigte, en dit oor ‘n toebroodjie, was hartroerend.

“Daar was mense wat vir my gesê het dat dit voel of hul van honger gaan sterf.”

“’n Toebroodjie is dalk nie veel nie maar as ‘n mens nie kos het nie help dit baie.”

“Ek het reeds ‘n borg (‘n kennis van my) sodat ek in die komende week weer toebroodjies kan maak en uitdeel,” het Chris gesê.

“Ons land en die mense gaan deur ‘n moeilike tyd en dit is nou die tyd dat mense moet saamstaan en uitreik na mekaar.”

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:hyperlink

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button