Local newsNews

KYK: Mense staan in ellelange toue om kos te koop

Die publiek het vanoggend reeds voor 7vm ‘n lang ry gevorm voor Jansens Slaghuis in Voortrekkerweg.

Die nasionale staat van inperking word om middernag ‘n werklikheid en die angstigheid is tasbaar in die lug.

Die maatreël is ingestel in ‘n poging om die verspreiding van  Covid-19 te probeer stuit.

Alhoewel daar uit alle oorde pleidooie was dat mense nie paniekerig moet raak en paniek-aankope moet doen nie is daar ‘n massiewe geskarrel oral in die dorp.

Die Herald het die slaghuis om 10.30vm besoek en ‘n ellelange ry mense het in die warm son gewag om by die deur in te gaan.

VIDEO:

Die slaghuis beperk die hoeveelheid mense, wat op ‘n slag in die slaghuis mag wees.

Min mense in die lang ry het maskers gedra en die meerderheid van die mense het nie ‘n aanvaarbare distansie tussen mekaar gehandhaaf nie.

Lees: Kerke staan saam om te help tydens Covid-19 krisis

Shalane Miller (34) wat van Freeway Park af gery het, het gesê dat sy maandeliks haar vleis by Jansens koop en dat sy beslis nie verwag het dat daar soveel mense sou wees nie.

“Ek het gedink dat  dit sou besig wees maar hierdie is erg,” het sy gesê.

Sy het reeds langer as ‘n uur in die ry gestaan toe die Herald met haar gepraat het.

Mandla Dube (54) van Kwa Thema het opgedaag om ook sy gereelde aankope te doen.

“Ek weet van die `lockdown’ maar ek is net hier om die vleis te koop wat ek normaalweg sou koop.”

“Ek is nie bang om tussen al hierdie mense te staan nie. Ons moet ook eet,” het hy gesê.

Ook by ander inkopiesentrums in die dorp was daar ‘n magdom mense wat aankope gedoen het.

Die 21 dae van inperking tree vanaand om middernag in werking.

  • Die publiek word aangeraai om die koronavirus-hulplyn te skakel by 0800 029 999 wanneer daar enige vermoede oor ’n koronavirus geval is.
  • Kennisgewing:

Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende Covid-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ’n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ’n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:hyperlink

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button