Editor's noteLocal newsNews

Kerke staan saam om te help tydens Covid-19 krisis

Die korona-krisis gaan groot uitdagings en omstandighede aan ons stel.

Die uitbreek van Covid-19 en daarmee die gepaardgaande noodkrisis in ons land noodsaak ons tot daadwerklike aksie.

Dít is die mening van ds Hennie Pienaar van Dalpark Kaléo Gemeente.

“Ons as kerke in Brakpan het besluit om vanuit ’n gesamentlike front deel van die oplossing en hoop te wees in die hantering van dié virus.

“Ons staan saam in geloof dat die situasie sal omdraai en ons is verbind om so ver as wat ons kan help die verspreiding van die siekte te verlangsaam.

“Maar intussen is ons op gereedheid grondslag om te kan én wil help,” het Pienaar gesê.

“Die vrees wat onsekerheid bring, is ’n werklikheid. Liefde verdryf vrees, sê die Bybel.

Lees: Gemeente woon inry kerk by

“Wat as liefde ’n teenmiddel is? Wat as ons nou die liefde vinniger kan laat versprei as die virus?”

Pienaar het verduidelik dat ’n spesiale Facebookblad (Brakpan Kerke: Covid-19 – Liefde verdryf vrees) geskep is, waar organisasies en vrywilligers hulle hulp kan aanbied of behoeftes kan daarstel.

“Op dié manier kan die beskikbare potensiaal met die vraag gekoördineer word.

“Hierdie blad het skakels na al ons gemeentes wat deel is van die verenigde front van kerke.

“Hou asseblief hierdie kommunikasieblad dop vir moontlike wyses waar jy kan help of as jyself betrokke wil raak,” het Pienaar verduidelik.

“As jy ’n persoonlike behoefte het aan gebed of persoonlike berading, of dalk ’n bejaarde persoon is wat ’n behoefte het aan iemand wat kan help om jou inkopies te doen, kontak ons asseblief via hierdie Facebookblad.

“Mense word opgerig om jou te kan bystaan. Jy kan met vrymoedigheid met enige van die saamwerkende gemeentes via die skakel in verbinding tree.

“Die korona-krisis gaan groot uitdagings en omstandighede aan ons stel.

“Maar saam is ons beter. Liefde verdryf vrees!,” het Pienaar gesê.

• Die publiek word aangeraai om die koronavirus-hulplyn te skakel by 0800 029 999 wanneer daar enige vermoede oor ’n koronavirus geval is.

Kennisgewing:

Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende Covid-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ’n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ’n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za), of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:hyperlink

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button