Editor's noteLocal newsNews

Just Wheels Motorskou uitgestel

Die motorskou lok jaarliks duisende mense van heinde en verre.

Die Just Wheels Motorskou, wat jaarliks by Muriel Brand Skool gehou word, is uitgestel weens die nasionale verbod op byeenkomste van meer as 100 mense.

Die verbod was een van die maatreëls wat Sondag deur pres Cyril Ramaphosa aangekondig is in ’n poging om die verspreiding van die Koronavirus (Covid-19) te bekamp.

Die motorskou lok jaarliks duisende mense van heinde en verre en die organiseerders was reeds druk besig met beplanning.

Die motorskou sorg ook vir ’n finansiële hupstoot vir Muriël Brand Skool.

Volgens Bart Zaayman van die Just Wheels Motorklub sal die skou op 1 Augustus plaasvind.

“Ons het geen ander keuse gehad as om die besluit te neem nie,” het Zaayman gesê.

Persone wat belangstel om by die motorskou uit te stal kan vir Zaayman kontak by 083 390 8589.

Die klub se opedag wat Sondag (29 Maart) by die klubhuis sou plaasvind is ook afgestel. Die Brakpan Herald sou ’n “Car Boot”-verkoping by die opedag gehou het, maar dit is ook afgestel.

•Kennisgewing:

Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende Covid-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ’n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ’n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

• Die publiek word aangeraai om die koronavirus-hulplyn te skakel by 0800 029 999 wanneer daar enige vermoede oor ’n koronavirus geval is.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:hyperlink

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button