Local newsNews

Dokter wat sy gemeenskap 46 jaar dien, sterf

Hy was ’n mentor en leermeester vir baie wat by hom aangeklop het.

Dr Steve Erasmus (70), wat sedert 1973 ’n suksesvolle praktyk in die dorp gehad het, is Vrydag oorlede na ’n stryd met longfibrose.

Oor die afgelope 46 jaar was hy nie net ’n dokter wat met groot deernis na sy pasiënte omgesien het nie, maar hy was ook ’n mentor en leermeester vir baie wat by hom aangeklop het.

Volgens sy eggenoot, Corrie (63), met wie hy 22 jaar getroud was, sal haar man altyd onthou word vir sy integriteit, deernis, menslikheid en die omgee wat hy vir elke pasiënt gehad het.

Steve is in Pretoria gebore waar hy ook groot geword en na skool gestudeer het.

Hy was ’n Brakpanner in murg en been en het ook vir ’n tydperk as raadslid gedien.

Lees ook: Oud-burgemeester sterf

Steve se gesondheid het in 2016 daartoe gelei dat dr Raymond Pieters by sy praktyk ingeskakel het. Hy sal met die praktyk voortgaan.

“Alhoewel my man die afgelope paar maande in en uit die hospitaal was, het hy telkens teruggekeer na sy praktyk om steeds na sy pasiënte, wat vir hom soos familie was, om te sien,” het Corrie vertel.

Steve was ook ’n uitmuntende kegelbalspeler wat selfs oorsee gereis het om aan toernooie deel te neem.

Sy afsterwe laat beslis ’n leemte in die dorp.

Steve laat vier kinders uit sy eerste huwelik na. Hulle is Stephan (43), Jaco (41), Liezel (38) en Ilze (34), asook vyf kleinkinders.

Corrie het twee dogters, Esté (41) en Ansie (37), wat hy soos sy eie aanvaar het, asook twee kleinkinders.

Die gedenkdiens vind Vrydag om 11vm vanuit NG Kerk Dalpark te Boekenhoutstraat 22 plaas.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

Related Articles

Back to top button