Local newsNews

Vriende groet mekaar na 20 jaar

Al die oud-leerders was met hulle gesinne na die reünie genooi.

Die 1999-matriek groep van HTS Brakpan (Hoërskool Die Anker), het onlangs ’n 20 jaar reünie by Mbizi Game Lodge, Bela Bela, gehou.

Die prettige naweek het met ’n “Back to the 90’s” tema-aand die Vrydag afgeskop.

Saterdag het die groep saam rugby gekyk en die reünie is met ’n lekker braai afgesluit.

Al die oud-leerders was met hulle gesinne na die reünie genooi en tyd om verveeld rond te sit was daar beslis nie.

Lees ook: Skoolvriende na 50 jaar weer saam

’n Prysuitdeling, wat pryse ingesluit het vir, onder andere, die beste uitrusting tydens die tema-aand, vir die persoon wat nog die meeste lyk soos sy/haar skooldae, en die spiertier-toekenning, het vir groot opwinding gesorg.

Altesaam 74 persone het die reünie bygewoon, insluitend onderwysers Pieter van Zyl (tegniese tekeninge) en Toy Kraukamp (boukonstruksie).

Izelle Streicher, Christo Botes en Marco Opperman (wat van Londen gekom het om die reünie by te woon) het in hul skoolklere opgedaag.
Die reünie komitee het gesorg dat die naweek glad verloop. Hulle is (van links): Hansie Borman, Jannet Pallas-Rossouw, Izelle Streicher en Jacques Buchanan.
Leerders en personeel wat intussen oorlede is, is ook onthou.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button