Local newsNews

Moue word opgerol om bejaardes te help

Vir die meestal senior inwoners van die kompleks was dit ‘n uitdaging om op die sypaadjies te beweeg.

Nie eens die bloedige warm weersomstandighede kon Saterdag lede van AfriForum Brakpan asook vrywilligers verhoed om moue om te rol en die area rondom die Tweedy Park Kompleks skoon te maak nie.

Alhoewel die opkoms, ten spyte van vooraf kennisgewing, nie té watwonders was nie het die groep wat wél opgedaag het ingespring en, in die warm son, gesorg dat die werk wel gedoen word.

AfriForum Brakpan het vroeër vanjaar vir die eerste keer aandag geskenk aan die swak toestand van die sypaadjie rondom die Tweedy Park kompleks.

Dié area het sleg daarna uitgesien met lang gras, onkruid, verstopte dreine, oorhangende takke en rommel wat oral rondgelê het.

Jonk en oud het opgedaag om hand by te sit. Klein Sarah Dixon (2) was ook baie gretig om te help.

Vir die meestal senior inwoners van die kompleks was dit ‘n uitdaging om op die sypaadjies te beweeg.

“Ons het besluit om vandag weer voort te bou op ons eerste poging en sal voortgaan om uit te reik na die senior inwoners van ons dorp,” het Gerhard Cilliers, AfriForum se Brakpan-takvoorsitter Saterdag gesê.

Drummond Doig, ondervoorsitter van AfriForum Brakpan het gesê dat dit Saterdag so effe makliker gegaan het as die vorige keer.

Lees ook: AfriForum herdenk dorp se 100ste bestaansjaar

Hy het egter sy misnoeë uitgespreek oor die feit dat die Ekurhuleni Metro nie voortgebou het op die poging wat lede van AfriForum aangewend het nie.

“Met ons eerste skoonmaak projek is daar geen gebreekte bottels, spuitnaalde, kondoom omhulsels,  papiere en ander gemors agter gelaat nie.

Raadslid vir die DA, rld Brandon Pretorius het ook gehelp om die area rondom die Tweedy Park Kompleks skoon te maak.

“Tog moes ons nou weer van voor af skoongemaak het,” het Doig gesê.

“Die Tweedy Park Kompleks word deur die Metro besit en tog word daar nie veel gedoen vir die inwoners nie,” het hy bygevoeg.

Die DA raadslid vir die area, rdl Brandon Pretorius het ook nie geskroom om moue op te rol en te help nie.

Hy het die inisiatief van AfriForum Brakpan verwelkom

“As die raadslid vir  Wyk 97, waar Tweedy Park geleë is, was dit vir my lekker om te help en ook te sien hoe die gemeenskap van Brakpan saam staan en dinge in hul eie hande neem, in plaas daarvan om net te kla.

“As die DA in Brakpan en Ekurhuleni neem ons sterk in ag dat dit nie die werk van ‘n belastingbetaler is om munisipale infrastruktuur in stand te hou nie maar ons besef ook dat die huidige administrasie nie daartoe in staat  is om dit te doen nie.

Belinda Eksteen het nie op haar laat wag nie.

“Dus is ons mening dat ons nie net kan terug sit en die toekoms van Brakpan in hulle hande los nie,”  het Pretorius gesê.

“As die DA in Brakpan sal ons enige individue of organisasie bystaan. Ons sal self skouer aan die wiel sit en saam vuil word, solank ons weet  dat ons bydrae gaan om die omstandighede vir alle inwoners van Brakpan te verbeter,” het Pretorius bygevoeg.

Lees ook: AfriForum buurtwagte weer op hul pos

‘n 76-Jarige inwoner van die woonstelblok in die Tweedy Park kompleks het aan die Herald gesê dat sy baie dankbaar is teenoor die mense wat Saterdag in die warm son gewerk het.

“Niemand gee meer om vir ons nie en ons moet maar net aansukkel,” het die vrou, wat versoek het dat haar naam nie gepubliseer word nie, gesê.

“Maar nou sien ek daar is darem nog mense wat uitkom om ons te help en ons plek mooi te maak,” het sy gesê.

Meer foto’s:

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

stacyslatter

News editor.

Related Articles

Back to top button