Local newsNews

Bekende oud-onderwyser oorlede

Potgieter was nooit getroud nie, maar volgens ’n familielid het sy eintlik duisende kinders gehad.

’n Bekende oud-onderwyser en jarelange inwoner van die dorp is Vrydag oorlede.

Susan Potgieter (75) is Donderdag in ’n hospitaal opgeneem nadat sy sleg gevoel het. Volgens ’n familielid was ’n bloedklont in haar long die oorsaak van haar dood.

Potgieter was vir 32 jaar in die onderwys en het tydens haar loopbaan net by twee skole skoolgehou.

Sy het haar onderwysloopbaan aan die Laerskool Maria van Riebeeck in Germiston begin, waarna sy vir vele jare skoolgehou het by President Brand Skool (vandag Laerskool Die Arend).

Sy het op 52-jarige ouderdom, weens mediese redes, die tuig neergelê.

Potgieter sal veral onthou word vir haar betrokkenheid by die Voortrekkers.

Sy was 38 jaar lank verbonde aan die Voortrekkers, waar sy verskeie toekennings ontvang het vir ondermeer die uitsonderlike diens wat sy gelewer het.

Die vriendelike vrou was steeds aktief betrokke by die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie, waar sy getrou elke jaar gesorg het dat daar noukeurig boek gehou is van die kompetisie-punte van die lede.

Sy was ook betrokke by die senior burger groep van NH Kerk Dalview, waar sy ’n lidmaat was.

Potgieter was nooit getroud nie, maar volgens ’n familielid het sy eintlik duisende kinders gehad.

“Sy was baie lief vir al die kinders vir wie sy skool gehou het, asook vir die kinders in ons familie,” het haar suster Sylvia Smith (69) gesê.

Benewens Sylvia laat sy nog twee susters, Sjaan Buchel (76) en Paula Monk (72) na.

Die begrafnis vind Maandag (21 Oktober) om 2nm vanuit NH Kerk Dalview plaas.

 

Lees ook:

Besigheidsman oorlede

Geliefde motorversamelaar oorlede

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button