Local newsNews

Video: Kolwyntjies bring hoop vir kankerpasiëntjies

Die kolwyntjies is deur vrywilligers gebak.

Saterdag was Nasionale Kolwyntjiedag en besoekers aan die Mall@Carnival het hulself verkyk aan tafels wat gekreun het onder honderde keurig versierde kolwyntjies.

Die kolwyntjies is deur vrywilligers gebak en geskenk aan die welsynorganisasie, Cupcakes of Hope, om vir R10 aan die publiek verkoop te word.

Twané van Niekerk (links) en Zetske van Niekerk het graag betrokke geraak by die projek.

Die organisasie beywer hom vir die bewusmaking en geldinsameling vir kinders met kanker.

Volgens inligting is 2600 kolwyntjies Saterdag by die Mall@Carnival verkoop, wat gesorg het dat ‘n bedrag van R26 000 aan Cupcakes of Hope geskenk kon word.

Personeel en leerders van die Sonneveld Akademie was vanjaar betrokke by die projek en het as hoofkoördineerder opgetree.

Sonja Pienaar (agter, van links), Elize Pienaar, Cathy Lues, Anika Deetlefs, Kaylee Deetlefs (voor, links) en Hermien van Jaarsveld het Saterdagoggend gehelp en bygedra tot ‘n suksesvolle oggend.

Video:

Hermien van Jaarsveld van die Sonneveld Akademie vertel waarom hul by die projek betrokke is.

Meer foto’s:

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button