CrimeNews

Motoriste moet versigtig wees op die R23

Mense word versoek om enige verdagte aktiwiteite by die Brakpan polisie aan te meld.

Die Brakpan SAPD het gewaarsku dat motoriste wat Heidelberweg (die R23) gebruik steeds versigtigheid aan die dag moet lê.

Die waarskuwing volg nadat twee motoriste onlangs gekaap is deur persone wat hulself as lede van die SAPD voordoen en ook voertuie gebruik het wat met blou ligte toegerus is.

In die eerste voorval is die bestuurder van ’n Toyota bakkie met ’n enkelkajuit op die hoek van Heidelbergweg en Kootstraat, Withok, van sy voertuig beroof.

Die slagoffer is omstreeks 10.30vm deur die insittendes van ’n donker Toyota sedan met blou ligte afgetrek.

Twee mans, wat blou polisie uniforms aangehad het, het die slagoffer met ’n vuurwapen aangehou en hom in hul voertuig gedwing.

Sy kop is toegemaak waarna hy van sy selfoon, bankkaart en ander persoonlike besittings beroof is.

Die slagoffer is daarna in Langlaagte, Johannesburg, losgelaat.

Twee dae na dié voorval het nog ’n motoris die slagoffer van die blou-lig kapers geword.

Die slagoffer, wat in ’n wit Ford Ranger-bakkie gereis het, is op die R23 naby Makro Carnival geteiken. Die voorval het omstreeks 10vm plaasgevind.

Lees: SAPS identify hijacking hotspot in Brakpan

Hy het by die verkeersligte weggetrek toe ’n wit Ford Ranger bakkie met blou ligte hom afgetrek het.

Die slagoffer het langs die pad stilgehou en die bakkie agter hom.

’n Man in gewone klere het uit die Ford Ranger geklim en aan die motoris gevra waarom hy so vinnig gery het.

’n Tweede man het aan die passasierskant verskyn, die deur oopgemaak en ’n vuurwapen op die slagoffer gerig.

Hy is na die agterste sitplek gedwing en sy gesig is bedek.

Die slagoffer is uiteindelik in ’n afgeleë gebied afgelaai nadat hy ook van sy selfone en bankkaarte beroof is.

Die polisie monitor die gebied en motoriste word versoek om mense, voertuie of aktiwiteite wat verdag lyk, by die Brakpan SAPD by 011 744 7136 aan te meld.

Motoriste word ook aangeraai om na die naaste polisiekantoor of openbare plek te ry indien hulle vermoed dat hulle deur die blou-lig kapers of ander verdagte persone agtervolg word.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button