NewsSchools

VIDEO: Eksotiese diere kuier by Trippe Trappe Trone

Die kleintjies het die oggend terdeë geniet.

Daar was Vrydagoggend groot opgewondenheid by die Trippe Trappe Trone Kleuterskool toe die Mobilezoo van Randburg by die kleintjies gaan kuier het.

Die kinders was in vervoering oor die diere, wat ’n papegaai, chinchillas, slange en skilpaaie ingesluit het.

VIDEO: ‘n Klein wit-oor Marmoset het die kleintjies ook in vervoering gehad met sy vaardighede. 

Henri Francis (links) en Leané Botes het die oggend terdeë geniet.
Liam Lues was ’n waaghals en het nie twee keer gedink om die baarddraak op sy skouer te laat sit nie.
Fanie Barnardt van die Mobilezoo het die kleintjies in vervoering gehad met sy papegaai, Angel.
Mia Venter (links) en Aiden Emmenis hou elkeen ’n chinchilla vas.
’n Tarantula-spinnekop was ook te sien gewees.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button