Editor's choiceLettersOpinion

Misdaad is ‘n groot probleem

Misdaad in Suid-Afrika kort baie dringende aandag.

Misdaad slagoffer, Dalpark skryf:

Met verwysing na die berig in die Herald van 14 Junie (Kapers vat bejaarde se voertuig helder oordag).

Eerstens wil ek vir die persoon sê dat ek baie dankbaar is dat hy net beseer is en nie in die barbaarse aanval doodgemaak is nie.

Ek is drie jaar gelede self in die oprit van my huis deur vier mans oorval. Genadiglik het hulle net in my voertuig en persoonlike besittings belanggestel.

My trouring wat ek 24 jaar gedra het is ook van my vinger afgeruk.

Ek sukkel tot vandag toe nog om rustig te raak en vrede te maak na wat met my gebeur het.

Ons verdien nie om deur sulke trauma te gaan nie. Wie gee vir hierdie barbare die reg om te vat wat nie aan hulle behoort nie?

My man het na die voorval voorgestel dat ons die land moet verlaat maar hoekom moet ek al my mense agter laat en vlug?

Misdaad in Suid-Afrika is ’n groot probleem wat baie dringende aandag moet kry.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button