CrimeNews

OPVOLG: Grootskaalse soektog steeds aan die gang, een persoon in hegtenis (VIDEO)

Die bedelaar is by die verkeerslig by VC Spar in Dalview raakgery en is ernstig beseer.

Vinnige optrede deur die SAPD, sekuriteitsmaatskappye en die publiek het daartoe gelei dat een persoon gou vasgetrek is nadat hy vanmiddag  glo ‘n bedelaar raakgery en probeer wegjaag het.

Die bedelaar is by die verkeerslig by VC Spar in Dalview raakgery en is ernstig beseer.

Vermoedelik in ‘n poging om weg te kom, het die bestuurder van ‘n Alfa Romeo beheer verloor op die hoek van Van der Waltweg en Eeufeeslaan.

Sy voertuig het dié van ‘n werknemer van die Brakpan Herald, Marcell Kock (34) getref.

Lees: PAS IN: Grootskaalse soektog aan die gang na persoon beheer oor voertuig verloor en vlug

Kock se voertuig was in die parkeerarea van die Herald se kantoor geparkeer.

‘n 56-Jarige bedelaar is per ambulans na die Verre Oos Rand Hospitaal vervoer.

Die bestuurder het uitgespring en weggehardloop maar is kort daarna gevang en gearresteer.

Dit is op die stadium nie duidelik of daar meer as een insittende in die voertuig was nie.

Die bedelaar wat, ook los werk gedoen het, is volgens inligting 56 jaar oud en is na die Verre Oos Rand Hospitaal vervoer.

Meer inligting sal volg.

Volg ons:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button