Ankers rol gereeld moue op vir goeie doel

Hoërskool Die Anker is onlangs tydens ’n toekenningsaand van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) weer eens vir die skool se getroue en volgehoue ondersteuning vereer. Die toekenningsaand is by die Benoni Country Club vir die Oos-Rand en Vaaldriehoekstreek gehou. Honderde leerders van Die Anker rol jaarliks moue op om bloed te skenk. Corrie van Rensburg, …

Hoërskool Die Anker is onlangs tydens ’n toekenningsaand van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) weer eens vir die skool se getroue en volgehoue ondersteuning vereer.

Die toekenningsaand is by die Benoni Country Club vir die Oos-Rand en Vaaldriehoekstreek gehou.

Honderde leerders van Die Anker rol jaarliks moue op om bloed te skenk.

Corrie van Rensburg, wat die bloedskenking by die skool koördineer, het gesê dat dit aangenaam is om erkenning te ontvang maar dat die eintlike doel van bloedskenking altyd die fokuspunt sal wees.

“Ons leerders word bewus gemaak van die belangrikheid daarvan en hoeveel die SANBD op gereelde skenkers staatmaak,” het van Rensburg gesê.

Die skool het by die toekenningsaand die trofee ontvang vir die skool wat sedert 2012 die meeste eenhede bloed in die streek geskenk het. Die Anker tel ook die afgelope agt jaar onder die top 10 skole wat bloed skenk.

Related Articles

Back to top button