CrimeEditor's noteNews

Diewe breek muur af om motor se wiele te steel

“Dit is nie lekker om te weet dat skelms toegang tot jou erf kry en lank genoeg daar vertoef om vier wiele te steel.”

Diewe het Sondagoggend in die vroeë oggendure bakstene uit ’n muur gebreek om toegang tot ’n erf te kry waarna hulle al vier wiele van ’n voertuig gesteel het.

Die booswigte het sommer ook die bakstene, wat uit die muur gebreek is, gebruik om onder die voertuig te plaas.

Mercia Jordaan (32) van Melkhoutstraat, Dalpark sê dit is vir haar baie vreemd dat die diewe hul taak kon verrig sonder dat iemand iets gehoor het.

Lees: Nagmerrie toe slapende broers deur inbrekers verras word

“Ons het twee klein hondjies in die huis en hulle het geen geluid gemaak nie,” het Mercia gesê.

Haar man, Johan het Sondagoggend gesien dat haar Tata op bakstene staan.

“Dit is nie lekker om te weet dat skelms toegang tot jou erf kry en lank genoeg daar vertoef om vier wiele te steel.”

’n Saak is by die SAPD geopen.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Back to top button