Editor's noteNewsSchools

Hoërskool Die Anker se atlete laat waai op die veld

Die Anker het tydens dié byeenkoms met skole soos Hoërskool Hugenote, Hoërskool Birchleigh, Hoërskool Roodepoort en Hoërskool Florida afgereken en behaal ’n algehele 19de plek in afdeling A.

Atlete van Hoërskool Die Anker het ’n baie suksesvolle 2019-atletiekseisoen beleef met uitstekende uitslae en prestasies.

• Tydens die Top-15 byeenkoms wat jaarliks by die Universiteit van Johannesburg stadion gehou word, het 44 skole se top-15 atlete hul staal gewys.

Sarah Kiet was haar skool se uitblinker van die dag en het ’n derde plek in die 800m vir dogters o-19, met ’n persoonlike beste tyd van 2:15.00 sekondes, los gehardloop.

Sarah Kiet.

• Tydens vanjaar se intertegnies atletiekbyeenkoms het slegs vyf skole, naamlik Die Anker, Springs Boys’ High School en Springs Girls’ High School, Hoër Tegniese Skool (HTS) Pretoria-Tuine en HTS Springs, aan dié byeenkoms met sy roemryke tradisie deelgeneem. Die Anker het vir die agtste agtereenvolgende keer koning gekraai.

Die puntestand was soos volg: Die Anker (1 910), Springs Boys and Girls (1 511), Pretoria-Tuine (1 115) en HTS Springs (744).

Atlete van Die Anker wat met top toekennings weggestap het, is Clarssa Fuhri (junior victrix ludorum), Sarah Kiet (senior victrix ludorum) en Nantus Joubert (junior victor ludorum).

Lees: Anker onderwysers en leerders ryg toekennings in

• Die interhoër byeenkoms het vanjaar by Germiston Stadion plaasgevind, maar as gevolg van swaar reën en ongunstige toestande moes die velditems afgestel word. Geen punte is verder aangeteken nie. Die Anker het die trofee, wat hy verlede jaar vir die eerste keer verower het, behou.

Nantus Joubert.

• Die Tuks Top-10 byeenkoms het by die Universiteit van Pretoria plaasgevind en is die grootste byeenkoms van sy soort in Suid-Afrika waartydens 125 spanne, met 12 atlete elk, deelneem.

Die Anker het die 15de plek uit 40 skole in afdeling B behaal.

Nantus Joubert het in die gewigstoot item vir seuns o-15 ’n derde plek, met ’n stoot van 17.13m, behaal en sodoende 1 060 punte op die Absa-tabel vir sy skool aangeteken.

Clarissa Fuhri.

• Tydens die Potch-Volkies Prestige byeenkoms het Die Anker se atlete weer eens hul staal getoon. Atlete wat medaljes tydens die byeenkoms verower het, is Samantha Nortje, Breedt le Grange, Rowan van der Merwe, Michaela Janse van Rensburg, Clarissa Fuhri, Quinlin Adams, Sarah Kiet, Elcke Henning, Kaye Smit, Tian Lotter en Jandré Kruger.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button