Editor's noteLocal newsNews

Video: Minibusbestuurder uit watermassa in duikweg gered

‘n Agterruit van die minibus is uitgeslaan en ‘n staalkabel is gebruik om die minibus uit te sleep.

Nooddienswerkers moes vanoggend tot die redding van ‘n minibus bestuurder, wat in Stoffberg Duikweg vasgekeer was, kom.

Die bestuurder, Richard Wamusi (33) was alleen in die voertuig maar het na bewering kort voor die voorval kinders, wat hy afgelaai het, in die minibus gehad.

Lees ook: Dringende waarskuwing: Wees versigtig by die Stoffberg duikweg

Die duikweg het  oudergewoonte binne minute opgevul met water nadat ‘n storm net voor 6vm oor die dorp uitgesak het.

Nooddienswerkers moes vanoggend vroeg die bestuurder van ‘n minibus uit die Stoffberg Duikweg red.

Volgens inligting het die minibusbestuurder dit deur die water gewaag en hy het vasgekeer geraak.

Slegs ‘n gedeelte van die dak was sigbaar toe nooddienswerkers op die toneel opdaag.

‘n Agterruit van die minibus is uitgeslaan en ‘n staalkabel is gebruik om die minibus uit te sleep.

Lees ook: VIDEO: Bakkie maak dit deur watermassa in duikweg

‘n Voertuig van STS Insleepdienste is gebruik om dié taak te verrig.

Mareme Matlakwana van die Ekurhuleni Nooddienste het die minibusbestuurder, Richard Wamusi op die toneel behandel.

Die eienaar van die taxi, Lucky Sikosana (41) het aan die Herald gesê dat hy vroegoggend ‘n oproep van die minibusbestuurder gekry het.

“Hy het vir my gesê dat hy in die water vasgekeer was en ek het vir hom gesê hy moet probeer uitkom, maar dit was nie vir hom moontlik nie,” het Sikosana gesê.

Wamusi is na veiligheid gebring en op die toneel behandel.

Die duikweg sal nog vir ‘n onbepaalde tyd gesluit wees.

Follow us:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

 

Related Articles

Back to top button