CrimeNews

Opvolg: Motorfietse in plakkerskamp, ondersoek duur voort (VIDEO)

Die motorfietse is uitmekaar gehaal, goed verpak en op verskeie plekke weggesteek.

Die Brakpan SAPD is steeds besig om inligting op te volg nadat vyf motorfietse en ‘n kragopwekker gisteraand (Maandagaand) in die Plastic City plakkerskamp ontdek is.

‘n Lid van die SAPD, wat by die ondersoek betrokke is, het gesê dat inligting tans opgevolg word.

Lees ook: Gesteelde motorfiets onder sinkplate in veld gevind

Ten minste ses motorfietse is die afgelope paar weke in die dorp gesteel.

Die blou bromponie was een van die motorfietse wat gevind is.

In byna al die gevalle was die motorfietse in motorhuise toegesluit en is dit in die vroeë oggendure gesteel.

‘n Kragopwekker is ook saam met die motorfietse gekonfiskeer.

Die meerderheid van die voorvalle het in Anzac voorgekom.

Wian Vrey hurk by een van die motorfietse wat uitmekaar gehaal en verpak is.

Die motorfietse en kragopwekker is na die Brakpan polisiestasie geneem.

Lees ook: Vyf motorfietse in plakkerskamp gevind

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter

Related Articles

Back to top button