CrimeNews

Gesteelde motorfiets onder sinkplate in veld gevind

’n 18-Jarige inwoner van Prince Georgelaan se Suzuki GSXR 1000 is Saterdagoggend in die vroeë oggendure gesteel.

Die vlaag van motorfietsdiefstal het die naweek voortgeduur toe nog ’n motorfiets Sondagoggend uit ’n motorhuis in Prince Georgelaan gesteel is.

Motorfietsdiewe het die afgelope tyd in Brakpan baljaar en oor die feesseisoen is ten minste vyf motorfietse gesteel. 

Dié jong man het aan die Herald gesê dat die booswigte een van sy gesin se honde vergiftig het waarna hulle die hek van die spoor afgelig en die motorhuis oopgebreek het.

“Ons het Saterdagoggend self na die motorfiets begin soek en ’n spoor, wat in die begraafplaas gelei het, gevolg.”

Volgens die jong man het hulle ’n gat in die heining aan die agterkant van die begraafplaas opgemerk en daardeur beweeg.

“’n Hele ent verder in die veld het ons my motorfiets onder ’n klomp sinkplate gesien,” het die inwoner, wat versoek het om anoniem te bly, gesê.

“Dit is baie duidelik dat die plek ingerig is om gesteelde goedere weg te steek,” het hy bygevoeg.

Die motorfiets is erg beskadig.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button