CrimeNews

Motorfietsdiewe steel ten minste vyf motorfietse oor feesseisoen

Diefstal van motorfietse het die afgelope paar dae erg toegeneem en dit is veral inwoners van Anzac wat deurgeloop het.

Ten minste vyf motorfietse is die afgelope paar nagte in Anzac en Brakpan-Noord gesteel.

In meeste van die gevalle was die motorfietse agter slot en grendel maar selfs dít is blykbaar nie genoeg om die diewe te stuit nie.

Coenraad Venter (32) van Abercornlaan, Anzac het verlede Vrydagoggend in die vroeë oggendure deurgeloop toe sy Honda CBR 400 RR uit sy motorhuis gesteel is.

Volgens hom was die motorfiets, wat swart, silwer en blou is, in die motorhuis toegesluit maar het die diewe die slot eenvoudig oopgebreek.

Venter, wat ’n nutsman is, se gereedskap en sweismasjien is ook gesteel.

“Ten spyte van die verlies van my motorfiets het ek daardie gereedskap nodig om my werk te kan doen.

Lees ook: Diewe gee honde gif voordat hulle motorfiets steel

“Dit is dus vir my ’n baie groot terugslag,” het hy gesê.

In Olga Mitchellstraat, ook in Anzac, het die motorfietsdiewe twee keer toegeslaan.

Deidré Rheeders (46) het aan die Herald gesê dat die diewe in die vroeë oggendure van Woensdag (2 Januarie) by hulle erf ingebreek het.

“Ons het so middernag gaan slaap en toe ons Woensdagoggend om 9vm opstaan het ons gesien dat ons agterhek, wat gesluit was, oopgebreek is.

“By nadere ondersoek het ons gesien dat die motorhuis, wat ook gesluit was, oopgebreek is,” het sy gesê.

Die diewe het haar Big Boy bromponie en haar man se Yamaha 600 Thundercat gesteel.

Die Yamaha 600 Thundercat is saam met ’n Big Boy bromponie gesteel.
Die Big Boy bromponie is uit ’n motorhuis in Ogla Mitchellstraat gesteel.

“Die motorhuis was met twee stewige slotte, wat afgebreek is, gesluit,” het Rheeder gesê.

Lees ook: Diewe steel seldsame pompe by klubhuis

Jolene Botha (26), wat ook in Olga Mitchellstaat woon het vertel dat sy en haar man, Barend, op Nuwejaarsoggend ongeveer 3vm by die huis aangekom het.

“Alles was in orde en ons het gaan slaap tot so 10vm. Toe ons opgestaan het, het ons gesien dat die slot van ons hek oopgebreek was.”

Soos in die ander gevalle was die motorhuis ook oopgebreek en is Barend Botha se silwer Kawasaki ZX10R gesteel.

“Inligting wat tot ons beskikking is dui daarop dat daar vyf persone betrokke was.

“Die mense was vanaf 4.06vm, vir 45 minute besig by ons huis,” het Botha gesê.

Ander voorvalle wat by die Brakpan SAPD aangemeld is, is ’n voorval in Greystraat, Anzac waar huishoudelike items asook ’n blou Suzuki gesteel is. Die voorval het verlede Donderdag plaasgevind.

In Spiesstraat, Brakpan-Noord is daar Sondagnag ’n rooi en swart Kawasaki motorfiets asook twee bergfietse gesteel.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button