Editor's choiceLocal newsNews

Egpaar vier 60ste huweliksherdenking

'n Egpaar, wat al jare lange inwoners van die dorp is, sal Donderdag ’n baie besondere mylpaal in hul lewe vier.

Piet (83) en Lena (79) Fourie, wat nog steeds in dieselfde huis in Brakpan-Sentraal woon sedert hul getroud is, sal hul 60ste huweliksherdenking Donderdag vier.

Die egpaar het by ’n partytjie, wat in die stadsaal gehou is, ontmoet en het daarna in 1958 op ’n plot in Withok ewig trou aan mekaar beloof.

Piet was in sy jonger jare vir 30 jaar lank ’n produksie voorman en Lena was ’n toesighouer by ’n bank.

Die egpaar is geseën met vyf kinders, Ria, Johan, Pierre en Gielie, asook Arthur, wat oorlede is.

Hulle is ook dol oor hul nege kleinkinders, Zander, Michelle, Jaundré, Charl, Ruan, Alister, Arno, Marlie en Mauritz en ses agter-kleinkinders, Herman, Dehan, Daenelle, Jordan, Mieke en Nathan.

Lees ook: Egpaar vier vandag (Sondag) 40ste huweliksherdenking

Benewens sy onvoorwaardelike liefde vir sy vrou het Piet ook vir 53 jaar sy gunsteling stokperdjie beoefen naamlik duiwe vlieg waarvoor hy Oos-Transvaal kleure ontvang het.

Lena het hom deurentyd ondersteun met dié stokperdjie en saam het hulle vele kompetisies gewen.

Die twee se geheim tot ’n suksesvolle huwelik is om altyd vir mekaar lief te wees deur die maklike sowel as moeilike tye.

Volgens hulle moet ’n man en vrou ook nie vir mekaar geheime hê nie en moet ’n egpaar nooit kwaad vir mekaar gaan slaap nie.

Die hoogtepunt van Piet en Lena se huwelik, en iets waarop hulle altyd sal terugkyk, is die feit dat hulle saam deur al die swaar en moeilike jare gekom het en dat die liefde altyd oorwin het.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button