CrimeNews

Vrou verloor binne ‘n oogwink R3000

Die vrou het geld probeer trek by ‘n OTM in Dalview toe die insident plaasgevind het.

‘n 33-Jarige inwoner van die dorp, wat verlede Donderdagoggend gedink het sy trek geld by ‘n veilige OTM is wreed ontnugter.

“Nog voor ek geld kon trek, het ‘n jong man, wat baie netjies aangetrek is, vir my gesê  dat ek my kaart  moet opgradeer want die OTM masjien werk nie en het toe sommer knoppies begin druk.”

“Ek het vir hom gesê om my uit te los en hy het dadelik weg beweeg toe hy klaar is,” het die vrou verduidelik.

“Alles het binne ‘n oogwink gebeur en die volgende oomblik het ek besef my kaart is weg. Eers toe ek by die huis kom om my kaart te blok, het ek gesien my rekening is reeds leeg gemaak.”

“Ek glo ek was ‘n sagte teiken omrede ek my drie kinders by my gehad het en my volle aandag nie by die man nie was nie.”

Lees ook: Vehicle recovered after car dealership robbery

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button