Editor's noteLocal newsNews

Jong kunstenaars stel hul kuns ten toon

Die jaarlikse uitstalling van die Kinder Kuns Klasse-groep, wat Saterdag in Dalpark gehou is, was weer ’n kleurvolle lus vir die oog.

Kunswerke van kinders tussen die ouderdom van vier tot 11 het uitgestal en was die eindresultaat van gretige jong kunstenaars se harde werk gedurende die jaar.

“’n Groot verskeidenheid mediums was gedurende die jaar gedek, maar die slym-projek was beslis die hoogtepunt vir die kinders,” het die aanbieder van die klasse en organiseerder van die uitstalling, Petra Ahlers, verduidelik.

Van die jong kunstenaars van die Kinder Kuns Klasse-groep met die Minion mannetjies wat hulle gemaak het is agter (van links): Kayla Vosloo, Hayley Strydom en Petra Ahlers (organiseerder en aanbieder van die klasse). Middel: Nathan Doble, Hanro Rossouw en Isabella Strydom. Voor: Chase Douglas en Juvan Rossouw.

“Elke kind het vier verskillende soorte slym in die klas gemaak.

“Eksperimente met ink het ook gelei tot ’n ontdekking van vorm, tekstuur en diepte in ’n reeks boom sketse.”

Lees ook: Kersete verskaf groot vreugde

Saterdag was daar ook vriendelike spoke wat met groot oë agter bome in kunstige woude geskuil het te sien.

Dan was daar ook kleurvolle slange in pragtige tekstuur wat “rondgeseil” het tussen ’n magdom Minion mannetjies, wat ook deur die kinders geskep is.

“Ons jong kunstenaars het ook elk ’n blomboksie gemaak en sodoende is die kuns van papier origami ontdek,” het Ahlers gesê.

Die boksies is met stempels wat die kinders self gemaak het versier.

Nog interessante kunswerke waaraan die kinders deur die loop van die jaar gewerk het, was gloei-in die-donker geraamtes uit stokkies, draad en strooitjies.

Kayla Vosloo (links), Nathan Doble en Hayley Strydom het dit geniet om die gloei-in-die-donker geraamtes uit oorstokkies, draad en strooitjies te maak.

“Die kinders het dit ook geniet om hulle eie bordspeletjies te ontwerp en het ’n sekerheid in hulself ontdek deur te sien dat kuns nie net ’n eindproduk is nie maar die ontdekking van kreatiwiteit,” het Ahlers gesê.

Die kinders wat aan die uitstalling deelgeneem het was: Andi Venter, Hydi Venter, Katinka Ahlers, Kyla Vorster, Daniel Geyser, Chase Douglas, Hayley Strydom, Juvan Rossouw, Chrizandrie Wilken, Dalen Wilken, Nathan Doble en Katryn Ahlers.

Vir meer inligting oor Kinder Kuns Klasse kan Ahlers gekontak word by 082 550 3419.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Back to top button