Editor's choiceLocal newsNews

AfriForum se massapatrollie goed ondersteun

Negentig mense in 45 voertuie het die dorp Vrydagaand vanaf 6nm tot Saterdagoggend om 6vm gepatrolleer en ook gereageer waar situasies ontstaan het.

AfriForum, in samewerking met plaaslike veiligheidstrukture en gemeenskapslede, het Vrydagaand ’n suksesvolle massapatrollie in die dorp uitgevoer.

“Ons het sedert die begin van September verskeie uitnodigings via verskeie platforms versprei, met die oog om elke enkele instansie, sekuriteitsmaatskappy, buurtwag, ensovoorts, in Brakpan die geleentheid te gun om deel te neem,” het Gerhard Cilliers, takvoorsitter van AfriForum Brakpan gesê.

Hy het bygevoeg dat die AfriForum Brakpan-takbestuur baie dankbaar is vir almal wat aan die massapatrollie deelgeneem en dit ondersteun het.

“’n Ander baie belangrike punt om aan te roer is die feit dat, vir die eerste keer in die geskiedenis van die AfriForum Nasionale Massaptrollies, die gesamentlike operasionele sentrum (GOS) nie vanuit AfriForum se hoofkantoor in Centurion bedryf is nie, maar na voetsoolvlak afgewentel is,” het Cilliers gesê.

Lees ook: Afriforum se buurtwagte bring hul kant

“In hierdie opsig is die AfriForum Brakpan-takbestuur dank verskuldig aan die personeel en beheerliggaam van Laerskool Môrewag, vir die onbaatsugtige beskikbaarstelling van hulle fasiliteite om die GOS vir die Noord-streek te huisves en as baanbreker gasheer te kon optree vir AfriForum.”

“Nie net het al die deelnemers aan Brakpan se patrollie hierheen gerapporteer nie, maar ook al die ander takke van omliggende dorpe, Suid- en Noord-Gauteng, Limpopo en Mpumalanga.

Die volgende instansies het Vrydagaand aan die massapatrollie deelgeneem:

AfriForum Brakpan- en Germiston-tak se gemeenskapsveiliheideenheid (GVE), die gemeenskap polisiëringsforum (GPF) van Brakpan en Boksburg-Noord, SAINTS First Response (mediese steundienste), SecureTech (taktiese steundienste), Minatlou (taktiese steundienste), CMS (taktiese steundienste), SAPD Brakpan lede en EMPD Brakpan lede.

“Vroeg in 2019 sal die volgende Nasionale Massapatrollie weer geskeduleer word, en die hoop beskaam nie dat ons as gemeenskap dan nog meer sal kan saamwerk om van Brakpan ’n veiliger, meer selfversorgende, dorp te maak,” het Ian Beresford, forumhoof: gemeenskapsveiligheid gesê.

Follow us:

Instagram

Twitter

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button