Wiskunde is weer lekker

Sonneveld Akademie het onalngs ’n wiskundedag by die skool toegepas deur wiskunde speel-speel buite die klaskamer te leer. Die leerders is in groepe verdeel, met die doel om volgens ’n puntestelsel teen mekaar te kompeteer. Die grondslagfase het dit gate uit geniet en speletjies soos touspring en hoola-hoop gespeel. Hul moes ook die tyd aanwys …

Sonneveld Akademie het onalngs ’n wiskundedag by die skool toegepas deur wiskunde speel-speel buite die klaskamer te leer.

Die leerders is in groepe verdeel, met die doel om volgens ’n puntestelsel teen mekaar te kompeteer.

Die grondslagfase het dit gate uit geniet en speletjies soos touspring en hoola-hoop gespeel.

Hul moes ook die tyd aanwys met stokkies op die getekende horlosies.

Senior leerders van Graad Vier tot in Graad 12 het ’n paar kop krappers ontvang, maar dié skerp Sonnies het dit sommer vinnig uitgepluis.

Om net ’n paar te noem, moes elke groep woordsomme met omtrek en oppervlakte uitwerk asook 3D vorms met papier vou.

Die wenners is aangewys na aanleiding van die span met die meeste punte.

Related Articles

Back to top button