Local newsNews

Toestand van lisensie kantoor weerspieël swak diens

Die lisensie kantore se swak diens skok inwoners tot in hul siel.

Inwoner skryf per e-pos:

Ek verwys na die brief in die Herald van 20 Julie (Gebruikte kondome en stank is onaanvaarbaar).

Graag wil ek ook ‘n net my mening lig oor die toestand in en om die lisensie kantore.

Vrydag (20 Julie) het ek nodig gehad om ‘n voertuig in my naam te gaan registreer.

Die toestand van die gebou buite maar ook binne is haglik.

As mens sien hoe die kantore daarna uitsien, kan jy nie veel beter verwag van die diens wat daar gelewer word nie.

Inwoners het ook aanlyn gekla oor die swak dienslewering van die lisensie kantore.

Ek het ‘n behoefte gehad om ‘n toilet te gebruik, waarop die dame by die sekuriteit aan my gesê het dat die badkamer stukkend en daarom ook gesluit is.

Nadat ek aan haar gesê het dat ek ‘n belastingbetaler is en daarop aandring om die geriewe te gebruik, was haar antwoord aan my dat sy nie die eienaar van die gebou is nie.

Ek het na die eerste verdieping gegaan, waar daar vir my gesê is dat dit moontlik gesluit is, maar ek moet maar gaan kyk.

Die een toilet het nie meer ‘n sitplek of ‘n deksel gehad  nie.

Dit gaan my verstand te bowe dat die plek nie in stand gehou word nie.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

Related Articles

Back to top button