Bejaardes ontvang warm komberse vir die winter
Net voor die groot koue die dorp getref het, het inwoners van die Frank Mynhardt Sorgsentrum se Alzheimer’s afdeling Maandagoggend elkeen 'n warm wolkombers ontvang.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/27/2018/07/IMG_2976_88686.jpg)
Talitha Clarsen en Jessica Botha van die Wolhuis in Brakpan het dit goed gedink om komberse aan die bejaardes te skenk net voor die ysige weer gearriveer het.
’n Brei-groep, naamlik die Besige Handjies en Mondjies, asook inwoners van die dorp, het die afgelope tyd fluks komberse gebrei en hekel, om dié skenking moontlik te maak.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/27/2018/07/IMG_2981_52580-520x390.jpg)
Die groep gaan egter nie nou agteroor sit met hande gevou nie. Daar word steeds gehekel en gebrei om meer komberse op Mandela Dag (18 Julie) uit te deel.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/27/2018/07/IMG_2974_43256-520x390.jpg)
DA raadslid, Brandon Pretorius, wat teenwoordig was met die oorhandiging van die komberse, het gesê dat dit verblydend is om te sien dat daar wel nog plaaslike besighede is wat voel dat dit nodig is om terug te gee vir die gemeenskap.
Lees ook: Leerders ontvang kospakkies voor die vakansie
Volg ons: