NewsSchools

Die Anker speel hul opponente flou

Hoërskool Die Anker se rugbyspanne het onlangs teen die Hoërskool Oosterlig en in die daaropvolgende week teen die Hoërskool Driehoek kragte gemeet.

Die kragmeting teen Oosterlig was die eerste ligawedstryde van die jaar en die Anker het al nege hul wedstryde gewen.

Die uitslae was soos volg:

o-14a (52-0), o-14b (50-0), o-15a (43-7), o-15b (24-17), o-16a (31-22) , o-16b (54-7), derde span (55-12) , tweede span (59-3) en die eerste span (57-5).

In die tweede ligawedstryde van die seisoen het Die Anker se spanne teen dié van die Hoërskool Driekhoek in Vanderbijlpark te staan gekom.

Lees ook: Sonneveld Akademie skop stof in Raslouw se oë

Die Anker het weer uitmuntende rugby gespeel en ses uit die agt wedstryde gewen. Vyf daarvan is voor die eindtyd weens ’n verskil van 40 punte gestaak.

Die Anker spanne het na twee ligawedstryde 17 wedstryde gespeel, 15 gewen waarvan 12 daarvan vroeër moes stop.

Die uitslae was soos volg:

o-14a (Anker wen 45-0), o-14b (Anker wen 41-0), o-15a (Anker wen 45-0), o-15b (Driehoek het nie ’n span nie), -16a (Driehoek wen 14-13), o-16b (Driehoek wen 19-12), vierde span (Driehoek het nie ’n span nie), derde span (Anker wen 41-0), tweede span (Anker wen 40-0) en die eerste span (Anker wen 43-14).

Volg ons: 

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button