Local newsNews

Laaste kans om te help

Die Herald pak reeds vir die afgelope 12 jaar dié projek aan om die nood so ’n bietjie te verlig.

Die Herald wil volgende week ons winter-projek, waartydens ons komberse, sokkies, wolmussies, serpe en kouse bymekaar te maak afsluit.

Indien die afgelope week se koue ’n aanduiding is van die koue winter wat voorlê, gaan dit moeilik met behoeftige en hawelose mense van die dorp gaan.

Ons versoek dat die publiek komberse, sokkies, wolmussies, serpe en kouse, wat aan welsynorganisasies van die dorp oorhandig sal word, sal skenk.

Die Herald pak reeds vir die afgelope 12 jaar dié projek aan om die nood so ’n bietjie te verlig.

In meeste huishoudings is daar ’n kombers of duvet wat nie meer gebruik word nie. Daardie einste item kan gedurende die winter ’n groot verskil in die lewe van ’n behoeftige persoon maak.

Ons versoek vriendelik dat die goedere in ’n goeie toestand en skoon sal wees, en dat die publiek nie vir hiérdie projek tweedehandse klere sal skenk nie.

Skenkings sal nog tot Donderdag (31 Mei) by ons kantoor te Van Der Waltweg 61 ontvang word.

Lees ook:

Collecting shoes and blankets ahead of winter

 

Related Articles

Back to top button