Editor's choiceLocal newsNews

Visvang is kinderspeletjies vir die jonge juffie

Cameron en haar sussie, Meegan (11) is geen onbekendes langs die viswater nie en het al vele kompetisies gewen.

’n Entoesiastiese jong hengelaar van die dorp, Cameron Ingram (12), het onlangs heelwat pryse ontvang tydens die Simmer Hengelklub se jaarlikse prysuitdeling.

Cameron is vir die tweede agtereenvolgende jaar as Victrix Ludorum aangewys.

Lees ook: Eerste Brakpan Parkrun beïndruk

Daarby het sy ook die toekenning vir die beste liga hengelaar ontvang en is ook as die klubkampioen aangewys.

Cameron Ingram is op haar gelukkigste langs die viswater.

Om die kersie op die koek te sit is sy ook in Desember gekies vir die SAVOF (Suid Afrikaanse Varswater Oewer Hengel Federasie) se o-13 jonge dames span.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

Related Articles

Back to top button