Morries se hoofseun woeker met sy talente
Dié uiters talentvolle leerder het die medaljes behoorlik laat inrol.
Zander Fourie, ’n graad sewe leerder aan die Laerskool Môrewag, het onlangs aan die South African Championships of Performing Arts deelgeneem en uitstekend gevaar.
Hy het uit die sowat 2 500 deelnemers die hoogste punte in die ‘Classical Solo Acting’-afdeling verwerf en het ook met die ‘Overall Champ’-toekenning vir toneelspel weggestap.
In die groepe-afdeling het hy een silwer- en vier goue medaljes ontvang.
Lees ook: Morries se blinknuwe leiers is reg vir 2018
Zander, wat saam met Carla Shornveld (van Laerskool Die Arend) in die duet-afdeling deelgeneem het, het die beoordelaars verder beïndruk en hulle het vyf goue medaljes verwerf.
“Vanjaar was die eerste keer dat ek aan kompetisies begin deelneem het, maar ek doen wel drama van ’n jong ouderdom af,” het Zander gesê.
Volg ons: