Editor's noteLocal newsNews

Rata het hulp nodig

Rata Maatskaplike Dienste verskaf al jare lank daagliks kos aan hawelose en minder bevoorregte inwoners van die dorp.

Die taak word egter al hoe moeiliker aangesien die organisasie afhanklik is van skenkings en donasies vanaf die publiek en besighede.

“Wanneer ons voedsel het om voor te berei, eet daar elke dag sowat 60 mense by ons,” het Linda Marais, sekretaresse van Rata, Brakpan, gesê.

“Vir baie van hierdie mense is dit die enigste kos wat hulle vir dag kry.

“Ons kry ook baie versoeke vir kospakkies van mense wat regtig in die nood is, maar op die oomblik het ons nie voorraad om kospakkies op te maak nie,” het Marais gesê.

“Die winter, wat om die draai is, vererger ook die situasie.”

Marais het ’n vriendelike versoek aan die publiek en besighede gerig om te help waar hul kan.

“Ons sal skenkings van enige kos baie verwelkom.

“Ons kry ook baie versoeke vir shampoo en seep.”

Sy het bygevoeg dat daar ’n groot behoefte aan komberse en warm klere is.

Persone wat skenkings wil maak kan dit na Rata se kantoor, wat in Parkstraat geleë is, neem.

Lees ook: Maryann glimlag breed oor nuwe rolstoele

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button