LettersOpinion

‘n Mens se lewe is eenvoudig niks werd

Ken Appelgryn skryf per e-pos:

Met verwysing na die brief in die Herald van 9 Februarie (Geweld wek kommer).

Ja, dit is inderdaad baie kommerwekkend dat die misdadigers net nie meer respek vir gesag het nie.

’n Mens se lewe is eenvoudig niks werd nie. Die misdadigers vat net wat hulle wil, doen net wat hulle wil en gee eenvoudig nie om vir lewe en eiendom nie.

Of jy nou ’n polisieman of -vrou is, ’n sekuriteitoffisier of net die algemene publiek, dit maak nie saak nie.

Wanneer hierdie misdadigers aanval en hulle word beseer, gaan hulle na die beste hospitale toe terwyl die slagoffers mediese behandeling geweier word en nog boonop gearresteer word.

Blykbaar bestaan daar ook nie meer so iets soos aanranding gewoon nie.

Lekker né. Dan kry die skelms nog die beste prokureurs wat hulle los lieg en dit nogal gratis. Want die staat betaal mos vir alles!

Hoekom sorg die staat nie dat die skelms vergoeding aan hul slagoffers en die staat betaal nie?

Sodoende sal die staat nie die las hoef te dra vir ander se aksies nie.

In die tronk gaan dit ook te lekker. Gee vir die ouens werk en as hulle nie wil werk nie, moet hulle ook niks kry om te eet nie.

Wees ook maar gewaarsku want sekere mense kan gearresteer word net omdat ander hulle as verdagtes uitwys, terwyl ander net eenvoudig nie vervolg word nie.

Vir hulle is daar ’n spesiale deel in die wet wat hulle beskerm.

Dit staan bekend as “nie genoeg onpartydige getuies nie” Wat ’n hoop Bollie!

So mense wees gewaarsku, maak altyd seker dat jy deur vreemdelinge omring word, anders het jy eenvoudig nie ’n saak nie.

Al het jy vier of 30 getuies en hulle is nie onpartydig nie, het jy ’n probleem.

Vergeet van die forensiese bewyse en vergeet van die feit dat die misdadigers op die toneel was en ook selfs gewond was.

Vergeet van die ander omstandigheidsgetuienis want sekere mense is bo die wet en niemand kan iets daaromtrent doen nie.

Ironies genoeg, kyk wat gebeur met jou as jy dieselfde dinge aanvang. Dan draai alles teen jou en onpartydige getuies is nie belangrik nie.

Jy kan gearresteer word op grond van niks en sonder dat die polisie eers moeite doen om agter die waarheid te kom.

Welkom in ons nuwe Suid- Afrika. Raak maar gewoond aan al die geweld en misdaad!

My innige simpatie vir die familie van ’n goeie ou vriend (kapt Jaco Pretorius).

Ons betaal belasting sodat die polisie ons beskerm.

Bring terug die gespesialiseerde eenhede. Tree strenger op teen misdadigers. Anders sal niks verander nie!

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button