BlogsOpinion

Leon stap nie sommer verby ’n karretjie nie

Leon versamel al vir etlike jare modelkarre, waarvan sommige uiters waardevol is.

’n Mens kan amper sê dat Leon Kleynhans (53) van Brakpan-sentraal nooit regtig grootgeword het nie, wanneer jy na sy baie indrukwekkende versameling modelkarretjies kyk.

Sy versameling is enige seuntjie se droom en die rakke en rakke vol unieke karretjies vertel elkeen sy eie storie.

Ander het hy weer net vir die mooiheid daarvan aangeskaf.

Een van die oudste rygoed in sy versameling, en beslis ’n gunsteling, is ’n John Deere trekker, kompleet met implemente.

Lees ook: Het jy ‘n rare versameling?

Sy versameling is sy trots en elke naweek word elke karretjie skoongemaak en netjies teruggepak op die rakke wat spesiaal daarvoor aangebring is.

Leon het ook verskeie “scalextric”-stelle wat almal netjies in hul oorspronklike verpakking gebêre word.

Sy vrou, Belinda, vertel dat dit ’n moeilike taak is om Leon uit ’n speelgoedwinkel te hou.

“Hy verdwyn soos ’n groot speld maar gelukkig weet ek presies waar om hom te soek,” het sy gesê.

• Lesers wat interessante stokperdjies het of rare versamelings het is welkom om die Herald daarvan in kennis te stel. Stuur ’n e-pos na brakpanherald@caxton.co.za

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

 

Die John Deere trekker is een van sy gunstelinge.

Related Articles

Back to top button