Local newsMunicipalNews

Mense moet ophou kla en self skoonmaak

Rapporteer aan die munisipaliteit dit wat jy nie self kan doen nie en hulle sal dit doen.

Jan G de Bruyn van Minnebron skryf per e-pos:

Ek wil baie dankie sĂȘ dat die waterlek in Graafstraat herstel is.

Dit is hoe ek die munisipaliteit van Brakpan ken.

As ek iets rapporteer, dan word daar baie vinnig aandag daaraan gegee, maak nie saak of dit elektrisiteit, riool, water of straatligte is nie.

Lees ook: Volgehoue skoonmaakwerk moet in plek gebring word.

Ek lees gereeld in die Brakpan Herald hoe al die lui mense kla oor die munisipaliteit,  maar kom ek sĂȘ julle so:

  • As ‘n inwoner is dit jou verantwoordelikheid en plig om foutiewe dinge by die munisipaliteit aan te meld.  Die paar mense van die munisipaliteit, wat daar is en hard werk, kan nie oral wees nie.
  • Die gras op sypaadjies en in die strate:  vat ‘n graaf en hark en maak dit self skoon.  Kom kyk in Minnebron hoe skoon is meeste van ons paaie.  Baie kere sal jy ‘n bejaarde man met  ‘n graaf sien loop wat besig is om skoon te maak.
  • Loop rond in jou eie woongebied, met jou winkel sakkie en tel die gemors op in jou omgewing:  dis  hoe ons, wat beskaafd is, dit nog altyd gedoen het.

So, ons gewone mense moet maar ophou kla en skouer aan die wiel sit en ons eie areas skoonmaak en dit veilig hou.

Follow us:

Instagram

Twitter

Facebook

 

 

Related Articles

Back to top button