Editor's choice

Jong man kry die ja-woord om middernag

Jaun-Pierre het selfs Sonja se hele familie betrokke gemaak met die groot oomblik.

Miné van Vuuren

minev@caxton.co.za

Toe die sjampanje om middernag op Oujaarsaand begin vloei en te midde van vuurwerke wat oorverdowend lawaai het, was daar ’n jong man wat in die middel van Voortrekkerweg op sy knieë gegaan het.

Jaun-Pierre Botha (27) het besluit om met die aanbreek van 2018 vir sy blondekop meisie, Sonja Lombaard (23), te vra om met hom te trou.

Lede van die SAPD, wat op diens was, het gehelp om die pad af te sper en toe die klok 12 uur slaan, het Jaun-Pierre voor die liefde van sy lewe op sy knieë gegaan en die groot vraag gevra.

Lees ook: Sammy is in die kol met die ja-woord

Alhoewel Sonja geweet het Jaun-Pierre gaan haar een of ander tyd vra om sy vrou te word, het sy nooit verwag dat dit op nuwejaar en in die middel van Voortrekkerweg sou wees nie.

“Ek was so oorweldig toe ek die groot vraag hoor, dat ek terselfdertyd gehuil en gelag het,” het Sonja vertel.

Die paartjie het nog nie op ’n troudatum besluit nie en gaan vir eers hul tyd saam as verloofdes geniet.

Hulle is al drie jaar saam en het in die tydperk ’n 10 maande oue bondeltjie liefde, Jaundré Emile Lombaard, ryker geword.

Follow us:

Instagram

Twitter

Facebook

Die jong paar se oue bondeltjie liefde, Jaundré Emile Lombaard.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button