CrimeEditor's choiceNews

Diewe maak steeds Kersgeskenke bymekaar

Ses huisbrake is sedert Woensdag (27 Desember) tot gister (1 Januarie) by die Brakpan SAPD aangemeld. Drie van die inbrake het plaas gevind terwyl die inwoners aan die slaap was.

Woensdag was ‘n huis in Swanstonstraat, Brakpan-Noord die teiken van inbrekers.

Die diefwering van ‘n slaapkamer venster is oop geforseer en ‘n grootskerm televisie is uit die huis gesteel.

Donderdag was daar twee voorvalle. In Athlonelaan het die eienaar wakker geword toe die alarm in die vroeë oggendure afgegaan het. By nadere ondersoek het hy ontdek dat daar toegang deur ‘n venster verkry is en dat ‘n televisie gesteel is.

Op dieselfde aand is daar by ‘n huis in Kontikistraat, Rand Collieries ingebreek waar verskeie items, onder andere ‘n skootrekenaar, televisie, DVD speler, selfone en ‘n grassnyer gesteel is.

Vrydag het inbrekers by ‘n woonstel in Wendenlaan toegeslaan en ‘n televisie en die hardeskyf van ‘n rekenaar gesteel.

Sondag het die inwoners van ‘n huis in Muirlaan hul woning ongeveer 8.45vm verlaat en toe hulle om 11.30vm terug keer ontdek daar ‘n selfoon en juweliersware gesteel is.

Gister (Maandag) was daar by ‘n huis in Hastingslaan ingebreek. ‘n Motorfiets en televisie, wat uit die huis gesteel is, is in ‘n veld naby Main Reefweg gevind.

Al die voorvalle word deur die Brakpan SAPD ondersoek.

 

Lees ook: Turn your smartphone into a security camera

Man’s burnt body found near casino

 

Follow us:

Instagram
Twitter
Facebook

 

Related Articles

Back to top button