Local newsNews

Jong kunstenaars stel hul werk ten toon

Jong kunstenaars van die Kinder Kuns Klasse-groep het Saterdag hulle jaarlikse kunsuitstalling in Dalpark gehou.

Die kinders woon weekliks kunsklasse by en word aan ‘n wye reeks kunsmediums blootgestel.

Al die kunswerke word deur die jaar versamel en die jaarlikse uitstalling, wat vir die publiek oop is, sorg vir groot opwinding.

“Die uitstalling gee erkenning aan die jong kunstenaars wat deur die jaar hard gewerk het en hul talente op die proef gestel het,” het Petra Ahlers, eienaar van die Kinder Kuns Klasse-groep gesê.

Pragtige kleurvolle kunswerke was volop en die beeldhoudingswerk in die vorm van groot gemmerbrood mannetjies, wat met lekkergoed versier is, was ‘n lus vir die oog.

Kinder Kuns Klasse skop weer in Febuarie 2018 af. Kontak Ahlers by 082 550 3419 vir meer inligting.

Lees ook: Dié Oosie ken haar kuns

Kinderhuis sê dankie vir ondersteuning

Brakpan SAPS marks 16 Days of Activism

 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

Related Articles

Back to top button