Editor's choiceLocal newsNews

Dié kleintjie ken haar skuiwe

Zanéll het gesê dat sy dit vir haar lekker is om die spel te speel en dat sy graag eendag ’n baie goeie skaakspeler wil wees.

 

’n Sesjarige blondekoppie, wat eers aan die begin van die jaar begin skaak speel het, het vir groot opwinding gesorg toe sy onlangs as die junior skaakspeler van die jaar by haar skool aangewys is.

Dit beteken dat Zanéll Venter, ’n graad R-leerder aan die Laerskool Dalview al die junior spelers van die skool met vernuftige spel uitoorlê het.

Haar ma Elmarie (37) vertel dat Zanéll se belangstelling in dié sportsoort waarskynlik geprikkel is deur haar boetie Richardt, wat al vir sowat drie jaar skaak speel. Hy is tans in graad vier, ook aan die Laerskool Dalview.

“Zanéll het nog altyd haar boetie dopgehou as hy speel en wanneer hy aan toernooie deelneem gaan sy gewoonlik saam,” het Elmarie vertel.

“Sy het meer intens begin oplet en haar belangstelling is in so ’n mate so geprikkel dat sy vir ons gesê het dat sy ook wil speel.”

Die kleintjie kry formele afrigting by haar skool maar meld ook een keer per week by die  Hoërskool  Dr  EG Jansen, waar die Ekurhuleni Skaak Unie oefen, aan.

Sy is ook in Augustus vanjaaar vir die Ekurhuleni o-8A span gekies en het gedurende Oktober aan ’n provinsiale kompetisie deelgeneem waar sy vier uit vyf rondtes gewen het.

Gedurende Desember wag nog ’n provinsiale kompetisie te Pretoria en dan volg haar eerste nasionale kampioenskap, vroeg in Januarie.

Elmarie vertel dat haar twee kinders nie sommer teen mekaar speel nie.

“Richardt sal eerder sy sussie help met skuiwe wanneer sy teen my speel. Hy help haar graag,” het Elmarie gesê.

Volgens Elmarie geniet Zanéll dit ook om mini-netbal te speel en swem sy graag. Sy speel ook, soos enig ander dogtertjie, gereeld met haar poppe.

Zanéll het gesê dat sy dit vir haar lekker is om die spel te speel en dat sy graag eendag ’n baie goeie skaakspeler wil wees.

Lees ook:

Felicitas leerders leer skaak speel

Ankers ken hul skuiwe

Leraars besoek die Laerskool Dalview

 

 

 

Related Articles

Back to top button