Editor's noteLettersOpinion

Brakpan SAPD lid is ‘n voorbeeld vir ander

Inwoner, Brenthurst skryf: Hy is beslis ’n aanwins vir die polisiestasie en ’n voorbeeld vir die ander.

Inwoner, Brenthurst skryf:

Ek het onlangs die Brakpan polisiestasie besoek om dokumente te laat sertifiseer.

Dit was ’n bietjie vreemd om die tydelike aanklagkantoor te besoek en ’n mens weet nie regtig waarheen om te gaan nie, maar ek het nietemin op die regte plek uitgekom.

My ervaring daarna was met gemengde gevoelens. Die eerste polisiebeampte wat my kom help het was uiters kortaf en baie onbehulpsaam. Hy het ook sy rug op my gekeer voordat al die verlangde dokumente geteken en gestempel is.

Ek was verontwaardig en teleurgesteld oor sy gedrag, maar het besluit om liewer niks te sê nie.

Toe word ek verder gehelp deur ’n konst DC Masombuke. Wat ’n plesier was dit nie om deur hierdie uiters vriendelike en behulpsame persoon gehelp te word nie.

Hy is beslis ’n aanwins vir die polisiestasie en ’n voorbeeld vir die ander.

Vir die man het ek baie respek.

Lees ook: 

Polisieman se daad word waardeer

Polisie se optrede beïndruk

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button