CrimeEditor's noteNews

Skelms gebruik altyd nuwe slenters

Skelms kom elke dag met nuwe slenters vorendag om niksvermoedende mense in te loop.

Dit het Daleen van der Schyff (66) Maandagoggend beleef toe sy byna van R600 beroof is.

Sy vertel dat sy in die dorp geloop het toe sy deur ’n man, wat ’n jong kind by hom gehad het, genader is.

“Die man het vir my gevra wat die waarde van eenhonderd dollar in Suid-Afrikaanse geld is,” het Van der Schyff vertel.

“Hy het dadelik ook sy beursie, wat vol vreemde note was, uitgehaal en vir my gevra of ’n dollar dieselfde kleur as Suid-Afrikaanse geld is.”

“Ek het nie dadelik besef dat die man eintlik ’n skelm is nie en het my beursie uitgehaal om vir hom te wys hoe ons geld lyk.”

“Toe ek my beursie oopmaak het hy dadelik van die note in my beursie uitgetrek.”

“Ek het vir hom gesê om die geld terug te gee en hy het R600 skelmpies agter die kind laat val. Gelukkig het ek dit gesien en kon ek daarin slaag om dit op te tel.”

“Alles het baie vinnig gebeur. Mense moet maar versigtig wees,” het Van der Schyff gesê.

Lees ook:

Trek jy geld by die bank: Pasop dít kan met jou gebeur

Supermarket fraudsters on the prowl

Pensioner scammed and threatened by people claiming to be pest controllers

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Back to top button