CrimeEditor's choiceNews

Brakpan SAPD waarsku: Wees versigtig by dié duikweg

‘n Woordvoerder van die SAPD het gesê dat kriminele in spanne saamwerk om niksvermoedende motoriste by die duikweg te beroof.

Die Brakpan SAPD het ‘n ernstige waarskuwing uitgereik aan motoriste, wat van die Stoffberg duikweg gebruik maak.

Dit volg nadat verskeie voorvalle aangemeld is deur motoriste wat die teiken van kriminele geword het.

‘n Woordvoerder van die SAPD het gesê dat kriminele in spanne saamwerk om niksvermoedende motoriste by die duikweg, by die kruising van Stoffberglaan en Stasieweg, te beroof.

Volgens inligting staan daar ‘n persoon bo op die spoorwegbrug om te sien of motoriste waardevolle besittings in hul voertuie het, wat maklik bereikbaar is.

“Die persoon gee dan ‘n teken aan ‘n persoon, wat onder rondhang, en dit is wanneer daar toegeslaan word,” het die woordvoerder gesê.

“Motordeure word oopgepluk en selfone, handsakke en skootrekenaars word gegryp. Dit word ook deur oop ruite gedoen,” het die woordvoerder gesê.

“Dit is raadsaam dat motoriste te alle tye waardevolle besittings in die kattebak toesluit of heeltemal uit die oog in die voertuig wegsit,” het die woordvoerder bygevoeg.

“Hierdie area is veral ‘n probleem op die oomblik, maar dit kan op enige plek gebeur.”

Lees ook: 

Rower druk mes teen motoris se keel en beroof haar

Ma en kleuter getraumatiseer deur grypdief

Rower dreig jongmense met vuurwapen, vat selfone

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

 

Related Articles

Back to top button